Tekkies
Jaco JacobsN$230.00
2 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.
Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfone in sy ore druk, verdwyn die wêreld rondom hom. Totdat een van die mooiste meisies in die skool hom op ’n dag sien hardloop … Roxy is vasbeslote om Zander sover te kry om landloop te hardloop, en in die proses word sy lewe op sy kop gekeer – in meer as een opsig.
Zander se beste vriend verstaan nie sy nuwe obessie met hardloop nie en wil net oor die Cyber Clash-rekenaarspeletjiekompetisie praat. Daarby is Zander se gevoelens vir Roxy ook definitief nie platonies nie, en asof dit nie genoeg is nie, is sy eerste landloopkompetisie op dieselfde dag as sy broer se debuutwedstryd vir die eerste rugbyspan. Zander sal moet kies: Gaan hy sy broer in die steek laat, of vir Roxy?
Tekkies is ’n grafiese roman met teks deur die topverkoper-skrywer Jaco Jacobs, en illustrasies vir die slimfoon-generasie deur Alistair Ackermann.
| Book Author | Jaco Jacobs |
|---|---|
| EAN | 9781776251155 |
| GTIN | 9781776251155 |


.
Jaco Jacobs
.
Jaco Jacobs
Leer Van Vorms En Teenoorgesteldes
Diary Of A Wimpy Kid, The Getaway
Otters 6: Skateiland Van Die Seychelles
The Book Of Legends
Badboek: Uil
The Sandman's Sand Isn't Working
Flip Flap Friends: Mermicorns
My Reenboogboek 2
Gerook
Anderkant Die Blou
Wind In The Willows
Stories In Die Wind
Pret Met Letters
Dierestories 2
Magical Creatures
Ja Kleuter: Aktiwiteits En Gebedsboek
Ouma Mollie En Die Mensvreter
Big Bear
My Eerste Boek Oor Speelgoed
Cave Baby
First Sticker Book: My Day
Creative Crafts With Toiletpaper Rolls 1
Grilgrypers 4, Meisie In Die Maanlig
Clever Cub And The Easter Surprise
Brave Queen Esther
Atir En Die Kameelperd
Tippie LML, Aktiwiteitstel 4, Vlak 2
Zackie Mostert Omnibus 2 