Showing 201–220 of 266 results

  • Annelie Botha

    Raaiselkind

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    ‘n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel…

  • Chanette Paul

    Raaiselspieël

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    Vet Frieda Ferreira het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Ferreira agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleins af sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie. Frieda het egter ? meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa…

  • Leopold Scholtz

    Ratels Aan Die Lomba

    Rated 0 out of 5
    N$300.00

    Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg…

  • Koos Stadler

    Recce (Kleinspan Operasies)

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce’s, maar nou het een van hulle – Koos Stadler – sy ervarings neergepen. Die boek bied ‘n onthullende blik op die lewe van ‘n Recce, op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.

  • Katherine Graham

    Reën Vir Stofvlei

    Rated 0 out of 5
    N$220.00

    Die tienjarige Elsie, oftewel Gogga, is ‘n rabbedoe wat eerder saam met die seuns rondhardloop as om pop te speel soos haar perfekte sussie, Riette. Dit is die veertigerjare en daar is ‘n Wereldoorlog wat woed, maar Gogga se grootste bekommernis is die somerreen wat wegbly en die droogte wat die gebied teister. Stofvlei is…

  • Albert Blake

    Robey Leibrandt: n Lewe Van Fanatisme

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    ’n Epiese reis in ’n klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ’n sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroeë 1940’s is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en…

  • Piet Van Rooyen

    Rodriguez

    Rated 0 out of 5
    N$205.00

    1990. Mosambiek. Vroeër was hy die student Skerf Malan, maar toe word hy gewerf om aan koverte operasies deel te neem. Nou is hy die agent Rodriguez, die “inside man”, ’n wit man wat namens Nasionale Intelligensie die Renamo-beweging moet infiltreer. Hy dra reeds letsels wat sinoniem is met sy beroep, maar gaan steeds voort…

  • Jan Van Tonder

    Roepman

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Hierdie roman speel af in ‘n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in ‘n grootmenswereld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van ‘n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa…

  • Marie Lotz

    Roofdier

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor.Kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, het nog nooit iets so gewetenloos teëgekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan? Die Fiskale se forensiese speurwerk lewer geen leidrade op nie, en met elke grumoord word die moordenaar slinkser.’n Senutergende krimi-debuut…

  • Schalk Schoombie

    Rooi Haring

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen.” So begin Rooi haring, ’n skreeusnaakse speurverhaal wat afspeel in die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf. Hartman Swiegers, restaurantier en topsjef, word tydens die openingsaand van sy restaurant Tydloos vermoor. Sy bevrore liggaam word in ’n yskas gevind, met twee opgerolde harings as enigste leidraad. Watter van die uitsoekgaste is…

  • .

    SA Kookboek Vir Allergiëe En Voedselsens

    Rated 0 out of 5
    N$400.00

    As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en bekostigbare plaasvervangers te…

  • Erla Diedericks

    Salemstraat

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Twee skote klap in die stil oggendure en Salemstraat sal nooit weer dieselfde wees nie. Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik…

  • Dibi Breytenbach

    Saliger

    Rated 0 out of 5
    N$264.99

    Amalia het nie illusies oor die lewe nie. Sy is ’n aanklaer in ’n dorp waar almal mekaar ken en sy meestal met die afskuwelike kant van mense te doen kry: minderjarige meisies en gewetenlose verkragters, bedrog, dwelmmisbruik, verwaarlosing, honger. En die regstelsel kan hulle nie beskerm nie, nie altyd nie. Misdaad en vergelding, straf…

  • .

    Seisoenskos

    Rated 0 out of 5
    N$200.00

    Alle goeie kos begin by vars bestanddele en Seisoenskos was jou hoe om van lente, somer, herfs, en ja, ook winter, ‘n okkasie te maak. Ruim tyd in om kos te maak en dit aan tafel met spesiale mense te geniet. 90 resepte – van voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte, bykosse, nageregte, gebak en drankies – maak…

  • Madelein Rust

    Siembamba

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het. Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore…

  • Jaco Fouché

    Simoelégri

    Rated 0 out of 5
    N$260.00

    Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is…

  • Malene Breytenbach

    Skadumagte

    Rated 0 out of 5
    N$300.00

    ’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

  • Carel Van Der Merwe

    Skaduwee

    Rated 0 out of 5
    N$155.00

    Paul du Toit het hom in die Verenigde Koninkryk kom vestig nadat hy Suid-Afrika tien jaar tevore onder ‘n wolk verlaat het. Nou is hy geskei en middeljarig, verstrengel in ‘n vervelige werk en ‘n sukkelende verhouding. Hy aanvaar dus geredelik ‘n maklike – of so dink hy – opdrag van ‘n ryk Londense finansier…

  • Jaco Wolmarans

    Skag

    Rated 0 out of 5
    N$330.00

    1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas ‘n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van ‘n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het…

  • Carel Van Rooyen

    Skeur

    Rated 0 out of 5
    N$175.00

    Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het egter altyd gedink hulle het darem een. Maar nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig. Vrydag 21 Julie is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy…

End of content

End of content