Showing 41–59 of 59 results

  • Madelein Rust

    My Naam Is Legio

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

  • Deon Meyer

    Onsigbaar

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Lemmer, vryskut-lyfwag by Body Armour, moet die mooi, ryk Emma le Roux bystaan toe haar skynbaar oorlede broer skielik weer te voorskyn kom. En só begin ’n koorsagtige tog deur ’n wêreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings . . . en moord. Lemmer het nog nooit as ’n lyfwag gefaal nie, en…

  • Deon Meyer

    Orion

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike huis met ’n blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om dié moord op te los en ’n testament te vind. En die moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind, die spore is…

  • Rudie Van Rensburgh

    Pirana

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van ’n ekskollega begin ondersoek, is dit vinnig duidelik dat hier veel meer as net ’n dwelmverwante verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het? Van die ongenadige Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin met…

  • Henriette Linde-Loubser

    Plek Van Poue

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Stella word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense?

  • Marie Lotz

    Polsslag

    Rated 0 out of 5
    N$340.00

    Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam met sy span uitgeroep na ’n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van ’n vrou is in ’n afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses.  Doktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se…

  • Deon Meyer

    Prooi

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Griessel en Cupido soek nie dié yskoue docket nie. Johnson Johnson, oud-poliesman, se lyk is gekry langs die treinspoor in die Karoo. In Bordeaux geniet Daniel Darret sy eenvoudige lewe, tot hy verplig word om nog een keer te jag – op die korrupte president van sy tuisland. Kan die Valke hom betyds keer? Kan…

  • Deon Meyer

    Proteus

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, het gedink hy het sy vorige lewe agtergelaat. Dan bevind hy hom skielik in ‘n onmoontlike situasie. Hy moet binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ‘n ou vriend, wat gyselaar gehou word. Maar die losprys wat hy saam met hom moet neem, is gevaarlik – ‘n hardeskyf met sensitiewe…

  • Erla Diedericks

    Salemstraat

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Twee skote klap in die stil oggendure en Salemstraat sal nooit weer dieselfde wees nie. Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik…

  • Dibi Breytenbach

    Saliger

    Rated 0 out of 5
    N$264.99

    Amalia het nie illusies oor die lewe nie. Sy is ’n aanklaer in ’n dorp waar almal mekaar ken en sy meestal met die afskuwelike kant van mense te doen kry: minderjarige meisies en gewetenlose verkragters, bedrog, dwelmmisbruik, verwaarlosing, honger. En die regstelsel kan hulle nie beskerm nie, nie altyd nie. Misdaad en vergelding, straf…

  • Madelein Rust

    Siembamba

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het. Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore…

  • Malene Breytenbach

    Skadumagte

    Rated 0 out of 5
    N$300.00

    ’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

  • Peet Venter

    Soos n Diep Waterkuil

    Rated 0 out of 5
    N$295.00

    Twee slagoffers, twee moordenaars en kinders wat met reëlmaat verdwyn. Speur-adjudant Jaap (Boel) Helberg ondersoek die saak. Een slagoffer is ’n invloedryke sakeman se vrou. Hy is ’n man met ’n diaboliese stokperdjie: veghonde. Die ander moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan…

  • Deon Meyer

    Spoor

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?” Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle…

  • Dibi Breytenbach

    Stom Gode

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Die gode in Afrika is stom. En lui. So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in…

  • Rudie Van Rensburgh

    Vloek

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gelê is.In Vloek is Carl terug. Ná ’n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA – sy bannelingstatus uitgewis, maar teen ’n…

  • Wilna Adriaanse

    Vlug

    Rated 0 out of 5
    N$360.00

    Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel…

  • Elmarie Viljoen-Massyn

    Vuurvoël

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het ’n vervaldatum. Daar is net ’n sekere tydperk wat ’n sekere hoeveelheid mense ’n geheim kan hou.  In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n…

  • Rudie Van Rensburgh

    Ys

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op…

End of content

End of content