Showing 21–40 of 65 results

  • Deon Meyer

    Feniks

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Kaptein Mat Joubert moet ‘n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van ‘n laksman.

  • Zirk van den Bergh

    Geheim Van Die Gruwelsand

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie. Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens…

  • Chris Karsten

    Gerugte Van n Ontvoering

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers.Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika…

  • Rudie Van Rensburgh

    Hans Hou Sy Lyf Sherlock

    Rated 0 out of 5
    N$120.00

    Hans van Kraaienburg sal hom mos nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, en die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, gaan Hans en trawante…

  • Rudie Van Rensburgh

    Hartedief

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    ’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie.Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas…

  • Eben Venter

    Horrelpoot

    Rated 0 out of 5
    N$90.00

    Horrelpoot is die verhaal van Marlouw en sy lewensveranderende reis. Op ‘n reenerige nag in Australie ontvang hy ‘n oproep van sy suster met die versoek om haar seun te gaan haal ‘uit daardie donderse land.’ Marlouw het twee gebreke: sy mank voet en sy verstokte gees. Hy glo egter dat dit sy lot is…

  • Deon Meyer

    Ikarus

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Die lyk van Ernst Richter spoel oop in die duine anderkant Parklands – dié Ernst Richter, baas van die omstrede Alibi.co.za, wat ’n maand gelede verdwyn het. Die saak sukkel; boonop het Griessel weer aan die suip gegaan en is Cupido verlief. Dan begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad en keer…

  • Deon Meyer

    Infanta

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel vir Artemis keer: die vigilante wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem te wreek. Met die media wat skree, politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie ’n lokval. Maar…

  • Deon Meyer

    Ivoor

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog . . . Dit lyk soos die werk van die ou SAW se koverte intelligensiegroep. Tex Texeira se aandag is verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ’n medesoldaat wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ’n vuurwapen gevat het nie. Dan kom ’n verdere element by: die…

  • Deon Meyer

    Kobra

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Bennie Griessel is eerste op die toneel: ‘n bloedbad in ‘n luukse gastehuis op ‘n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van ‘n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ‘n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met ‘n splinternuwe paspoort. Maar…

  • Chris Karsten

    Koms Van Die Motman

    Rated 0 out of 5
    N$330.00

    Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky.In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis…

  • Deon Meyer

    Koors

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Die Koors het byna almal gevat.Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na…

  • Rudie Van Rensburgh

    Kopskoot

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Reeksmoordenaar, of wraak? Toe iemand Kaapstad se ses-en-vyftigjarige mans begin afmaai, is dít kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Boonop word hy aangesê om ‘n skilderyvervalsing te ondersoek. En dan’s daar die glibberige aktuaris met die voorliefde vir prostitute – óók ses-en-vyftig – wat die leisels van ‘n groot maatskappy gaan neem, as sy afperser nie…

  • Francois Bloemhof

    Kry Vir Jou

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap. Op ‘n wynplaas buite Stellenbosch woed ‘n vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle (of wie anders) is dit wat die vlamme so aanblaas? Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie verskrokke) held, is net die man om die tergende…

  • Irna van Zyl

    Kwaaiwater

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op speuradjudant Storm van der Merwe. Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit ’n skrywersfees. Deel van Storm se verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou. Maar toe daag die sterskrywer van die dorp nie op vir haar sessie nie. Haar liggaam word in Kwaaiwater…

  • Peet Venter

    Lem

    Rated 0 out of 5
    N$295.00

    Lemmer Bosman, ’n gewese Spes Ops-man, vind na sy opdrag in Gaborone uit sy opdraggewers het eintlik bedoel hy moes ook sterf. Aan sy kant is net een vrouespeurder en een joernalis.

  • Deon Meyer

    Leo

    Rated 0 out of 5
    N$360.00

    ’n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. â€™n Oud-recce vermoor as ’n boodskap. â€™n Mooi veldgids, gewerf as ’n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer. Jy’t ’n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer….

  • Bettina Wyngaard

    Lokval

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Nicci de Wee hou haar lyf deesdae privaat speurder. Maar wat as sy ’n kans kry om die skurke wat Tom en Aynaz se dood veroorsaak het, aan die pen te laat ry? Wat as sy ’n internasionale sindikaat wat roof, verkrag en moor vir wins, kan vernietig?   Vir so ’n geleentheid gaan sy…

  • Marie Lotz

    Maalkolk

    Rated 0 out of 5
    N$340.00

    ‘n Onskuldige man word in sy motorhuis doodgeskiet.‘n Jong vrou se lyk hang aan ‘n boomtak diep in die Magaliesberg.Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is ‘n moordenaar wat speletjies speel: Die Woestynroos-misdaadtonele word nageboots, met subtiele leidrade waarvan net ‘n hand vol mense weet.Intussen is adjudant-offisier…

  • Rudie Van Rensburgh

    Medusa

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    ‘n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van ‘n saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy binneste soos ‘n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak . . . En die slagoffers…

End of content

End of content