Showing 1–20 of 59 results

  • Deon Meyer

    13 Uur

    Rated 0 out of 5
    N$379.99

    Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans – en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het. Bennie Griessel neem die spoor. Maar net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te…

  • Deon Meyer

    7 Dae

    Rated 0 out of 5
    N$379.99

    Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. Só lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie,…

  • Chris Karsten

    Afreis Van Abel Lotz

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na ‘n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op ‘n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ‘n gelooide en onthaarde vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in…

  • Irma Venter

    Al Wat Tel

    Rated 0 out of 5
    N$340.00

    Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat…

  • Deborah Steinmair

    As Jy Van Moord Droom

    Rated 0 out of 5
    N$300.00

    Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn? Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil. Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar…

  • Dibi Breytenbach

    Blinde Gode

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    “Die strafregstelsel is ’n pilaar waarop demokrasie gebou word. Dit moet jaloers bewaak word. Want wat gebeur wanneer die bewakers nie vertrou kan word nie? Quis custodiet ipsos custodes? Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word?”

  • Sidney Gilroy

    Bloedsomer

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Vroeg in Desember word die oorskot van twee jong vroue ontdek en oornag bevind sy haarself as die hoofondersoeker in ’n raaiselagtige moordsaak. Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriag van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En…

  • Dibi Breytenbach

    Buit

    Rated 0 out of 5
    N$340.00

    Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, ‘n kleindorpse joernalis, is dit ‘n kans om eindelik ‘n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit…

  • Chris Karsten

    Die Dood Van n Goeie Vrou

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en ?Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ‘n raaiselagtige moord. In ‘n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wêreld inmekaar: wie…

  • Chris Karsten

    Die Versoeking Van Thomas Maas

    Rated 0 out of 5
    N$330.00

    Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, as private speurder, is ‘n bisarre een. Donna Maas, eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het ‘n skelmpie. En dit is Ella se taak om dit te bewys. Die roman begin by die…

  • Ben Viljoen

    Die Vloek Van Levitikus

    Rated 0 out of 5
    N$360.00

    Die wêreld van die gemarginaliseerde is ’n eensame plek, sou Jakkie Duvenhage spoedig ontdek. Die bewuswording van sy “andersheid” dompel hom in ’n lewe wat wipplank ry van skoonheidstitels en aanvaarding tot skokterapie en huisgeweld. Deurentyd voel hy die druk van staande te probeer bly teen die sosiale diskriminasie wat sy lewenswyse ontlok. En dan…

  • Mike Nicol

    Dieners En Donners

    Rated 0 out of 5
    N$170.00

    Fish Pescado is op sy branderplank. Hy’s lenig en blond – nie jou gewone privaatspeurder nie. Muizenberg se golwe is sy paradys, maar hy sit sonder werk en sy bankbalans sak. ‘Hei, Fish! ’n Oulike chickie soek na jou,’ beduie ’n mede-surfer. Die oulike chickie is Vicki Kahn – snags speel sy poker, bedags is…

  • Jaco Wolmarans

    Dolos

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek. ’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner. Die agent moet dringend bereik word . . ….

  • Deon Meyer

    Donkerdrif

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    ’n Moord by die Kaapse Waterfront. Wat dalk skakel met geheimsinnige briewe wat geskorste luitenante Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het. Maar eers moet Bennie-hulle op Stellenbosch soek na ’n verdwene student, en die spoor vat van die eiendomsagent wat die kooptransaksie van Donkerdrif, korporatiewe swendelaar Jasper Boonstra se peperduur wynplaas, behartig het. En…

  • Rika Cloete

    Doodsroeper

    Rated 0 out of 5
    N$264.99

    Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, le Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voels, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos…

  • Rudie Van Rensburgh

    Doolhof

    Rated 0 out of 5
    N$379.99

    Omstrede oud-politikus en skatryk sakeman Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi moet agter die kap van die byl kom. Gou het hulle nie minder nie as ses verdagtes: Die Deyseleggenoot met die vreemde huweliksverhouding; die vermoorde se minnares met die bedenklike verlede; ‘n verregse, onstabiele pa en seun; ‘n glibberige kalant in die…

  • Rudie Van Rensburgh

    Dwelm

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Twee gewese speurders word koelbloedig langs ’n plaasdam afgemaai . . . En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Kassie bevraagteken die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller…

  • Deon Meyer

    Feniks

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Kaptein Mat Joubert moet ‘n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van ‘n laksman.

  • Zirk van den Bergh

    Geheim Van Die Gruwelsand

    Rated 0 out of 5
    N$340.00

    Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie. Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens…

  • Chris Karsten

    Gerugte Van n Ontvoering

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers.Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika…

End of content

End of content