Home » Shop » Vrugte Van Die Gees: Goedheid, Sagmoedigheid, Selfbeheersing

Vrugte Van Die Gees: Goedheid, Sagmoedigheid, Selfbeheersing

.

N$100.00

Out of stock

Free shipping on orders over N$1000!

  • Check Mark Satisfaction Guaranteed
  • Check Mark Secure Payments
GUARANTEED SAFE CHECKOUT
  • Visa Card
  • MasterCard

PLEASE NOTE: WHEN STOCK IS UNAVAILABLE, ORDER MAY TAKE 12 WEEKS TO COMPLETE


 



Vrugte van die Gees: Goedheid, Sagmoedigheid en Selfbeheersing is die derde en finale boek in ’n splinternuwe reeks kinderboeke wat gebaseer is op die vrug van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.

Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.

Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.

Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hul lewens. Dit help ook ouers om hul kinders Bybelse waarhede te leer.

Verkoopspunte:
• Helder en kleurvolle illustrasies
• Geestelike waarhede word prettig oorvertel
• Inhoud moedig familiegesprekke, besprekings en Bybelse lering aan
• Van waarde vir ouers en kinders
• Perfekte geskenk
• 200 x 200 mm hardeband, volkleur, goeie kwaliteit

Book Author

.

EAN

9781415342817

GTIN

9781415342817