Stalmaats Omnibus 1
Lize RouxN$280.00
1 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
Die gewildste perdestories in Afrikaans!
Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!
Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help.
Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop.
Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!
Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:
1. Perdedrome
2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007)
3. Anri se plan
4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008)
5. Die beroemde ruiter
| Book Author | Lize Roux |
|---|---|
| EAN | 9780799389326 |
| GTIN | 9780799389326 |


Madelein Rust
Rudie Van Rensburgh
Vita Du Preez
Sonel Combrinck
Prof Fungus 11, Sneeumasjien
Lea Lief: Muisvalle En Maan Melkskommels
Heleen En Die Heks Meet Hoofpyn
Woerts In Die Hoekie
Middernag Fees
Brutal School Ties
Dierestories 4
Elf Dae In Amsterdam
Stories In Die Wind
Woordenaar Van Tah
Elf Dae In Parys
Knorrige Kwêvoel
Leesgids: Perseus
Oor n Motorfiets, n Zombiefliek
Grilgrypers 1, Vloek Van Vreesbaai 