Speels
Elle RouxN$149.99
1 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
In haar veertigs kyk Elle Roux met nuwe oe na die lewe. Sy ken die hartseer van ‘n gebroke hart. In die chicklit-roman, gegrond op ware gebeure, sluit die leser aan by Elle in haar soektog na ‘n seksmaat. Haar pogings om mans hoofsaaklik via die internet te ontmoet, het skreeusnaakse gevolge. ‘n Interessante verskeidenheid karakters maak hul verskyning in Speels, onder meer: Andre: Die eerste ernstige liefde na haar egskeiding. Hy breek Elle se hart. Graham, ‘n kollega. Elle weerstaan die versoeking om met hom ‘n verhouding te begin. Ahmed, Brink en Reinier is die eerste mans wat sy op Skype ontmoet: ‘n Turk wat met haar wil trou, ‘n besitlike huursoldaat in Irak, ‘n veel jonger IT-spesialis in Barcelona. Michael, haar eerste internet-liefde wat haar eroties “wakker maak” met fantasiee en foonseks. Hans in Noorwee is ‘n Skype-vriend wat haar aan voorstel aan tantriese seks en sado-masochisme. Die chauvinistiese Gerald wat nie kan glo dat so ‘n ordentlike vrou op Gumtree adverteer nie. Coenie, ‘n voyeur en kroniese masturbeerder wat by Elle se huis aandoen. ‘n Plaasseun wat net wil cuddle weens sy seksuele disfunksie. ‘n Oukerel wat Elle nader vir ‘n threesome saam met sy vrou. Pieter, die nudis met premature ejakulasie en ‘n voorliefde vir sex toys. ‘n Horny Boeddhis wat Kama Sutra-truuks doen, Elle se voete masseer en haar aura met vere reinig. Die rock star met ‘n voorkeur vir threesomes met hermafrodiete, en wat pak moet kry omdat hy so stout is om in die openbaar te masturbeer. Johan, ‘n vetsugtige vraat met vars hemde in sy kattebak en kondome in sy beursie. ‘n Springbokteler wat vlug vir sy vervreemde skisofreniese vrou en by Elle aanklop vir sekslesse. Die grootwildjagter vir wie foreplay ‘n volksvreemde begrip is. Die Chinees met die seer penis omdat hy pas ‘n ring laat insit het. ‘n Pragtige kerel wat slegs ‘n orgasme kan bereik as ‘n vrou kyk hoe hy met sy opblaaspop speel. ‘n Professor wat Elle na ekstase voer met sy suggestiewe praatjies. Waldo, die getroude swinger wat Elle se perfekte shag buddy word. Die skrywer, Stella Stofberg, verstaan die uitdagings van die chicklit-genre. Sy slaag uitstekend daarin om haar intieme wedervarings soos ‘n goeie vriendin met die leser te deel. Speels het ‘n ouderdomsperk van 16 – met goeie rede!
Book Author | Elle Roux |
---|---|
EAN | 9781920654238 |
GTIN | 9781920654238 |