Lira
Chanette PaulN$310.01
1 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.
Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.
Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade – upcycle gaan sy haar lewe upcycle.
Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.
Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.
Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”
Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
| Book Author | Chanette Paul |
|---|---|
| EAN | 9780799394474 |
| GTIN | 9780799394474 |


Lien Botha
Chanette Paul
Jan Van Tonder
Barend Vos
Verleiding Van Eva De Winter
Die Einde Van Die Storie
Super Gross Jokes Magical Ink
Colourburst: Unicorns
Zack Is Back Omnibus
Toorbos
Van Vaders En Vlugtelinge
First Sticker Book: My Day
Trumpeter: Simply Maths Workbook 2
God's Word Is Great
Sabina 