Lam Ter Slagting
Madelein RustN$295.00
2 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?
Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie.
Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.
Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?
Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.
| Book Author | Madelein Rust |
|---|---|
| EAN | 9780799390063 |
| GTIN | 9780799390063 |


Antjie Krog
Fanie Viljoen
Jaco Jacobs
Cicelia Steyn
Davel-Vroue 2: Willemien
Tania Brink Omnibus
Because I Love You So Much
Manga: Warriors
African Wildlife Quiz Book
Fairy Tales For Millennials
Maisy: Animals
More As Ons Groot Is
Super Sticker Book
Tippie Learn To Do, Boxset
Classical Children's Bible
Pharos: Tesourus Van Afrikaans
Stickers: Fantasties
Cave Baby
Duiwel In n Snyerspak En Mooiste Man
Colour Burst: Hungry Caterpillar
Moomin Colouring Diary
Davel Vroue 7: Fleur
Siener In Die Suburbs 