Die 17de Veer
.N$180.00
2 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
’n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis … en vere.
Lara is nog op skool, maar werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon en verkoop vintage-klere vir ekstra sakgeld. Haar ma gebruik kalmeerpille om die lewe in die oë te kyk en oom Dan, wat by hulle woon, is ’n vreedsame funksionele alkoholis. Haar pa was nog nooit deel van haar lewe nie.
Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n troetel-uil. Hy help al sedert sy laerskooldae om siek en beseerde voëls te versorg en weer in die natuur vry te laat. En hy is in Kaapstad omdat hy ’n belofte aan iemand gemaak het.
Toe Lara die eerste keer vir Alex sien, is sy byna seker hy agtervolg haar. Wat sy nog nie weet nie, is dat hulle wêrelde op die punt is om bymekaar te kom. En alles begin met ’n hoededoos vol ou briewe wat Lara op haar ma se kas ontdek. Elkeen van die briewe is deur haar pa geskryf. En by elke brief is ’n veer met ’n storie …
In hierdie opwindende, liriese grootwordverhaal ondersoek Nanette van Rooyen die ingewikkelde bande wat gesinne bymekaarhou, en wat dit regtig beteken om ’n tuiste te hê.
| Book Author | . |
|---|---|
| EAN | 9780799389418 |
| GTIN | 9780799389418 |


.
Fanie Viljoen
De Wet Hugo
Marga Jonker
Die Ontwaking Van Winter 1: Harklop
Dierestories 4
Cross Over
Conspiracy 365: September
Prof Fungus 11, Sneeumasjien
Middernag Fees
Isla And The Happily Ever After
Circus Of Adventure
Vega Jane: End Of Time
Speurder Sammi
Frogkisser
Oliver Strange
Woerts In Die Hoekie
Die Waarheid Oor Visvingers
Jungu Josh 1, Goue Kalbas 