As Mens Geluk Kon Proe
Zelda BezuidenhoutN$220.00
5 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.
Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak.
Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.
En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie.
Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.
Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …
’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
| Book Author | Zelda Bezuidenhout |
|---|---|
| EAN | 9780799389470 |
| GTIN | 9780799389470 |


Fanie Viljoen
De Wet Hugo
Sonel Combrinck
De Wet Hugo
Horrid Henry And The Zombie Vampire
Little Miss Brave
Wiskunde Gee Maagpyn
Hoenderdief
Wie Het Tannie Frieda Opgevreet?
Ghoempie
My Gunsteling Slaapstories
Potjie Pot Poems
Super Sticker Book
My Reenboogboek Boek 1
Die Fantastiese Avonture Van Theo En Die Kat
Hans Gee Herklaas Horings
Mystery Of The Night Watchers
Heleen En Die Heks Meet Hoofpyn
Elf Dae In Parys 