Showing 641–660 of 889 results

  • .

    Psalms Vir Kleingoed

    Rated 0 out of 5
    N$200.00

    Die Psalms het oor die eeue heen nog altyd die vermoë gehad om die mens se emosies – van vreugde tot spyt – akkuraat te weerspieël.  Hierdie versameling van geparafraseerde psalms deur geliefde kinderboekskrywer Wendy Maartens help kinders om met God te praat, om al hul emosies uit te stort in ’n taal wat eie…

  • .

    Raai Hoe Lief Het Ek Jou

    Rated 0 out of 5
    N$180.00

    As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag sê presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie!Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor ’n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in…

  • .

    Raai Raai Riepa

    Rated 0 out of 5
    N$185.00

    PLEASE NOTE: WHEN STOCK IS UNAVAILABLE ORDER MAY TAKE 12 WEEKS   Raai raai riepa bevat Â’n versameling van 2040 Afrikaanse raaisels wat enigiemand sal laat kopkrap. En as die antwoord jou bly ontwyk, word dit agter in die boek aangegee. Hierdie boek propvol pret bevat ook talle tongknopers of snelseertjies wat jou tong se…

  • .

    Raaiselklip

    Rated 0 out of 5
    N$185.00

    Gabriel skrik wakker in ‘n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam? Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begraafplaas is ‘n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie,…

  • .

    Raaiselsee

    Rated 0 out of 5
    N$185.00

    Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford…

  • .

    Raaiselster

    Rated 0 out of 5
    N$185.00

    Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer –’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op…

  • .

    Reënboogrant Maats: Omnibus 1

    Rated 0 out of 5
    N$280.00

    Reënboogrant Maats volg Shani, Sunette en hul gesin se avonture terwyl die meisies op laerskool is, terwyl die meisies in die Reënboogrant Tieners-reeks op hoërskool is en die tipiese uitdagings en opwinding van dié tydperk beleef. En nou is die reekse vir die eerste keer in ‘n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye…

  • .

    Regte Egte Raaisels

    Rated 0 out of 5
    N$140.00

    In Regte-egte raaisels kan jy lees oor die grootste kopkrappers in die geskiedenis. Die raaisels wat ondersoek word, wissel van narige, harige gediertes, vreemde vlieende voorwerpe tomonsters uit die dieptes. Lees die verstommende stories oor die raaisels en kyk dan na elkeen se raaiseldossier met feite oor wat regtig gebeur het. Boonop is daar by elke raaisel…

  • .

    Regte Egte Rampe

    Rated 0 out of 5
    N$140.00

    In Regte-egte rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word. Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse-uitbarstings, die dinoramp tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdossier met feite oor…

  • Jaco Jacobs

    Riek En Niek 1

    Rated 0 out of 5
    N$120.00

    Riek en Niek het ’n plan …’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak.Maar dan steel nare Nanja hulle idee.En boonop vertel sy vir die HELE skool Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak …BLÊG! NIEMAND gaan dit koop nie!Kan Riek en…

  • Jaco Jacobs

    Riek En Niek 2: Allergies Vir Skool

    Rated 0 out of 5
    N$120.00

    Riek en Niek gaan ’n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp … e … juffrou Burk te laat lag!Daar is net een probleem.Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore.Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster – niemand weet of dit regtig bestaan nie.Niemand het haar nog OOIT gehoor lag nie.Sy GLIMLAG…

  • Jaco Jacobs

    Riek En Niek: n Draak Op n Skaatsplank

    Rated 0 out of 5
    N$120.00

    Die skool hou ’n talentkompetisie … en die wenner gaan op TV verskyn! Riek en Niek kan nie wag om deel te neem nie. Riek gaan sy HEEL BESTE skaatsplanktoertjies doen. Niek gaan almal laat SKATER van die lag. Maar Nanja gaan ook deelneem – en sy is vasbeslote om te wen. Daarom maak sy…

  • Jaco Jacobs

    Riek En Niek: Superslak

    Rated 0 out of 5
    N$120.00

    Spoetniek is nie ’n gewone slak nie. Hy is GROTER as al die ander slakke in die skool se tuin. En VINNIGER ook. Riek en Niek laat hom resies jaag teen die ander slakke. Hy wen elke keer. Maar nare Nanja hou nie van slakke nie. Daarom kla sy by juffrou Burp … e ……

  • Marc De Bel

    Robbie Ramkat 1, Katskenades

    Rated 0 out of 5
    N$210.00

    PLEASE NOTE: IF STOCK IS UNAVAILABLE, ORDER MY TAKE UP TO 12 WEEKS   Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek ‘n groot sukses in Nederland en Vlaandere.

  • Marc De Bel

    Robbie Ramkat 2, Val Van Briljart

    Rated 0 out of 5
    N$180.00

    PLEASE NOTE: IF STOCK IS UNAVAILABLE, ORDER MY TAKE UP TO 12 WEEKS   Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek ‘n groot sukses in Nederland en Vlaandere.

  • Hannes Barnard

    Roet

    Rated 0 out of 5
    N$240.01

    Rufus en Xandr #disingewikkeld. Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk. ’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond. ’n Alternatiewe roete. ’n Sexy Duitser. ’n Geniale wetenskaplike. ’n 90’s mix tape. En chaos. Baie chaos.

  • Bets Smith

    Rooigety

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm? Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeer die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word…

  • David Walliams

    Rotburger

    Rated 0 out of 5
    N$230.00

    PLEASE NOTE: IF STOCK IS UNAVAILABLE, ORDER MY TAKE UP TO 12 WEEKS   “Ontmoet vir Zoe. Daar is baie goed waaroor sy ongelukkig kan wees: Haar stiefma, Sheila, is so lui dat Zoe die snolle uit haar neus moet krap. Die skoolboelie, Tina Trotts, maak haar lewe ondraaglik en spoeg boonop elke dag op…

  • .

    Rower Hotsenplots

    Rated 0 out of 5
    N$170.00

    PLEASE NOTE: IF STOCK IS UNAVAILABLE, ORDER MY TAKE UP TO 12 WEEKS   Kasper en Seppel sien die hele week uit na Sondae by Ouma, want Sondag is pruimtert-met-room-dag. Maar toe die rower Hotsenplots Ouma se koffiemeultjie steel, is haar lus vir bak en kuier daarmee heen … en die twee vriende besluit om…

  • .

    Rowerhaas

    Rated 0 out of 5
    N$80.01

    Jak is ‘n haas, maar snags is hy ‘n rowerhaas! Jak wil wortels hê, maar is sy oë groter as sy maag.

End of content

End of content