Showing 81–100 of 266 results

  • Wilna Adriaanse

    Eindspel

    Rated 0 out of 5
    N$160.00

    Ellie hou van haar nuwe lewe op die platteland. Net wanneer sy nie kan slaap nie gaan sit sy in die spaarkamer, waar haar kaarte, diagramme en lyste opgeplak is. Erens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek. En toe hulle kom vir haar, weet sy als was…

  • Zirk van den Bergh

    Ek Wens Ek Wens

    Rated 0 out of 5
    N$230.00

    As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe? Nietemin wens Seb wel af en…

  • Elizabeth Wasserval

    Elf Dae In Amsterdam

    Rated 0 out of 5
    N$200.00

    Millie is in Amsterdam om haar tante te help aansterk na ’n knie-operasie. Maar toe die tante langer in die hospitaal moet bly, is Millie gestrand! Sy leer ken toevallig vir Pim, ‘n Amsterdammer met wortels in Suid-Afrika. Maar hoekom het haar ma haar ouma se dagboek uit haar tienerjare in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog…

  • Helena Hugo

    Elim

    Rated 0 out of 5
    N$260.00

    Toe Daniel Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Anna is van kleins af verlief op Daniel en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgelee Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat…

  • Helene De Kock

    Elisabet Se Oorlog

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die…

  • Marianna Brandt

    Emma En Die Creepy Komplot

    Rated 0 out of 5
    N$170.00

    Die aksiebelaaide opvolg op Emma En Die Geheime Gang. Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die…

  • Deon Wiggett

    Enkele Verhaal

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid- Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, in ’n Enkele verhaal,  vertel hy vir die eerste keer ’n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante…

  • Deon Meyer

    Feniks

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    Kaptein Mat Joubert moet ‘n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van ‘n laksman.

  • Chris Vorster

    Franz Marx: Uit Die Perd Se Bek

    Rated 0 out of 5
    N$250.00

    PLEASE NOTE: WHEN STOCK IS UNAVAILABLE, ORDER MAY TAKE 12 WEEKS   Wie was Franz Marx regtig? Chris Vorster se boek oor Franz Marx, Uit die perd se bek, word op 12 Oktober 11:00 by die Toyota US Woordfees bekendgestel. Die item heet “Die private Franz Marx”. Annalize Marx Hills, ’n familielid van Marx, deel met…

  • Marga Jonker

    Gabriella En Die Hertog Van Harte

    Rated 0 out of 5
    N$200.00

    Gabriella wil haar oorlede ma se geliefde perd se bloedlyn op hulle plaas in Namibie hervestig. Donnabelle was ‘n Oldenburger, ‘n skaars warmbloedige Europese perd. Gabi wend ‘n groot poging aan om Donnabelle se nageslag op te spoor, omdat sy hoop dit sal haar bande met haar oorlede ma versterk en sorg dat haar pa,…

  • Ettienne van Heerden

    Gebeente

    Rated 0 out of 5
    N$385.00

    Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg. Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel…

  • Ruan Kemp

    Gedeeltelik Bewolk

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    “Vang jy hom onbehoeds van voor, dan lyk hy soos ‘n man wat nou net met ’n stok geslaan is. Maar hou hom dop uit die hoek van jou oog, dan bespeur jy die glorie van ’n slim man. ’n Mooi man.” George is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in…

  • Zirk van den Bergh

    Geheim Van Die Gruwelsand

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie. Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens…

  • Riaan Grobler

    Geheime Van Philadelphia

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Geheime op Philadelphia is die debuut roman van die bekende sanger en radio persoonlikheid, Riaan Grobler. Hierdie liefdesverhaal gee ’n blik op hoe moeilike omstandighede met liefde, aanpassing en vergifnis oorbrug kan word. Dit is ’n hartroerende verhaal oor die moontlikhede wat ’n nuwe begin kan bring.

  • .

    Geillustreerde Oordenkings Vir Vroue

    Rated 0 out of 5
    N$130.00

    PLEASE NOTE: WHEN STOCK IS UNAVAILABLE, ORDER MAY TAKE 12 WEEKS TO COMPLETE

  • Chris Karsten

    Gerugte Van n Ontvoering

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers.Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika…

  • Alta Cloete

    Geur Van Vergifnis

    Rated 0 out of 5
    N$80.01

    Dit is ‘n onwaarskynlike romanse: ‘n hardkoppige man in ‘n rolstoel en ‘n ewe hardkoppige vrou wat hou by haar blokkieshemde en denims. Die pad is lank voor hulle tuiskom en ja kan se vir die toekoms.

  • Jan Van Tonder

    Groot Geluk

    Rated 0 out of 5
    N$325.00

    Tijs Velaat is gebore op die plaas Grootgeluk in die distrik Oudtshoorn. Hy en sy mame woon naby die Schoemans se opstal, so naby dat Tijs snags die werfhonde kan hoor snork. Hy is getuie van als wat reg én verkeerd loop op die werf.Miskien as Tijs nooit die skilpad op sy dop gekeer het…

  • Rudie Van Rensburgh

    Hans Hou Sy Lyf Sherlock

    Rated 0 out of 5
    N$120.00

    Hans van Kraaienburg sal hom mos nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, en die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, gaan Hans en trawante…

  • Rudie Van Rensburgh

    Hartedief

    Rated 0 out of 5
    N$310.01

    ’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie.Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas…

End of content

End of content