Skrikkelmaan
N$255.00Beate is die alleenerfgenaam van ‘n sakeryk na haar pa se noodlottige motorongeluk. Maar sy kan nie toegee aan die liefde wat soos volmaan op haar lewenshorison kom hang nie – sy gaan nie lank genoeg lewe nie.
Showing 221–240 of 266 results
Beate is die alleenerfgenaam van ‘n sakeryk na haar pa se noodlottige motorongeluk. Maar sy kan nie toegee aan die liefde wat soos volmaan op haar lewenshorison kom hang nie – sy gaan nie lank genoeg lewe nie.
Dawid Neethling is ’n suksesvolle psigiater op Stellenbosch met ’n deeltydse pos by die universiteit, ’n knalgeel Porsche en ’n steriele huwelik. Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie. Voor hy sy oë kan uitvee, staan hy in die…
Lus vir lekker eet? Dus presies waarna jy kan uitsien met die smulresepte in dié boek. Met die eerste oogopslag sien jy ou bekendes: worsies, hoender, mieliebrood, vlakoekies … Maar Huisgenoot-lesers wat Esther Malan se weeklikse resepte ken, weet dat daar niks alledaags aan dié slim kok se disse is nie. Maak jou gereed vir worsies…
In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Kortverhalebundel.
Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit…
Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers…
Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe. Dit is ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin maar die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit…
Twee slagoffers, twee moordenaars en kinders wat met reëlmaat verdwyn. Speur-adjudant Jaap (Boel) Helberg ondersoek die saak. Een slagoffer is ’n invloedryke sakeman se vrou. Hy is ’n man met ’n diaboliese stokperdjie: veghonde. Die ander moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan…
In haar veertigs kyk Elle Roux met nuwe oe na die lewe. Sy ken die hartseer van ‘n gebroke hart. In die chicklit-roman, gegrond op ware gebeure, sluit die leser aan by Elle in haar soektog na ‘n seksmaat. Haar pogings om mans hoofsaaklik via die internet te ontmoet, het skreeusnaakse gevolge. ‘n Interessante verskeidenheid…
Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?” Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle…
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot ’n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel. Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een…
Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters – en hulle het probleme. Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie. Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so ’n verstandige man aan haar sy het. Niemand sal…
Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. ‘n Dump, verwyt sy Andre, haar argitekman. Dit was sy idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in ‘n nagmerrie ontaard toe haar vyfjarige dogtertjie, Manon, noodlottig gewond is tydens ‘n skietvoorval…
Die gode in Afrika is stom. En lui. So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in…
1987. ’n Konvooi vegvoertuie is op pad na Angola om oorlog te maak. Vir die eerste keer is Suid-Afrikaanse tenks deel van die opmars om die Rooi Gevaar te stuit. Kommandant Leon Marais dra nie net die las as bevelvoerder nie, maar bots ook met sy direkte hoof. Boonop word die indruk geskep dat…
In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wêreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is….
Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet…
Toring le langs die Weskus, ‘n afgelee gehuggie waar ‘n hand vol bewoners sukkel-sukkel ‘n bestaan probeer maak. Dis midde-in die Tweede Wereldoorlog en tye is swaar. ‘n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word. Min weet die drie steunpilare…
As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.
End of content
End of content
No products in the cart.