Showing 41–60 of 66 results

  • Elsa Winckler

    n Liedjie Vir Anine

    Rated 0 out of 5
    N$170.00

    Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied.Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis,…

  • Alma Carstens

    n Nuwe Bruidegom En Verlore Jare

    Rated 0 out of 5
    N$180.00

    Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf’n Nuwe bruidegomHaar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe – Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau’s te vlug, maar nie van haar haat nie.Verlore jareIsabella staan ná…

  • Anchien Troskie

    Nooit Is n Lang, Lang Tyd

    Rated 0 out of 5
    N$370.00

    ’n Lekkerlees-roman oor die liefde, leuens, geheime, kinders, kilojoules en mans. En bowenal, oor vriendskap. Drie boesemvriendinne in hul veertigs gaan hou saam vakansie by die see. Net om agter te kom elkeen van hulle bewaar al jare lank ’n geheim wat die ander nie durf weet nie. Daleen, Karien en Amelia word gedwing om…

  • Sophia Kapp

    Oorlewingsgids Vir n Bedonnerde Diva

    Rated 0 out of 5
    N$360.00

    Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos…

  • Chris Karsten

    Op Pad Na Moor Mans Gat

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

     Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’n rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit? Die roman is ‘n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word: die storie van o.a. Billy Foster…

  • Dalene Mattee

    Pieternella Van Die Kaap

    Rated 0 out of 5
    N$420.00

    Die historiese roman gee ‘n nuwe perspektief op die wrede vroee geskiedenis van Robbeneiland, asook van die destydse strafkolonie Mauritius.

  • Chanette Paul

    Raaiselspieël

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    Vet Frieda Ferreira het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Ferreira agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleins af sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie. Frieda het egter ? meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa…

  • Katherine Graham

    Reën Vir Stofvlei

    Rated 0 out of 5
    N$220.00

    Die tienjarige Elsie, oftewel Gogga, is ‘n rabbedoe wat eerder saam met die seuns rondhardloop as om pop te speel soos haar perfekte sussie, Riette. Dit is die veertigerjare en daar is ‘n Wereldoorlog wat woed, maar Gogga se grootste bekommernis is die somerreen wat wegbly en die droogte wat die gebied teister. Stofvlei is…

  • Jan Van Tonder

    Roepman

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Hierdie roman speel af in ‘n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in ‘n grootmenswereld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van ‘n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa…

  • Bets Smith

    Skrikkelmaan

    Rated 0 out of 5
    N$255.00

    Beate is die alleenerfgenaam van ‘n sakeryk na haar pa se noodlottige motorongeluk. Maar sy kan nie toegee aan die liefde wat soos volmaan op haar lewenshorison kom hang nie – sy gaan nie lank genoeg lewe nie.

  • Lucia Prinsloo

    Solank As Die Aarde

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers…

  • Elle Roux

    Speels

    Rated 0 out of 5
    N$149.99

    In haar veertigs kyk Elle Roux met nuwe oe na die lewe. Sy ken die hartseer van ‘n gebroke hart. In die chicklit-roman, gegrond op ware gebeure, sluit die leser aan by Elle in haar soektog na ‘n seksmaat. Haar pogings om mans hoofsaaklik via die internet te ontmoet, het skreeusnaakse gevolge. ‘n Interessante verskeidenheid…

  • Helene De Kock

    Stella Se Dogters

    Rated 0 out of 5
    N$290.00

    Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters – en hulle het probleme.   Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie.   Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so ’n verstandige man aan haar sy het.   Niemand sal…

  • Irma Joubert

    Tolbos

    Rated 0 out of 5
    N$350.00

    In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wêreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is….

  • Dalene Mattee

    Toorbos

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet…

  • E Kotze

    Toring Se Baai

    Rated 0 out of 5
    N$245.00

    Toring le langs die Weskus, ‘n afgelee gehuggie waar ‘n hand vol bewoners sukkel-sukkel ‘n bestaan probeer maak. Dis midde-in die Tweede Wereldoorlog en tye is swaar. ‘n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word. Min weet die drie steunpilare…

  • Irma Joubert

    Tussen Stasies

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.

  • Derick Van Der Walt

    Tussen Vriende

    Rated 0 out of 5
    N$264.99

    Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjóépstil. Asof dít nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebe se seun skielik in ’n bedenklike nagklub en Phoebe se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria – dalk…

  • Anoeschka Von Meck

    Twa Die Tydloper

    Rated 0 out of 5
    N$320.00

    “Ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saam-kom, moet jy weet daar gaan ’n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjênners bedoel is nie.” Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê…

  • Chanette Paul

    Uit Die Bloute

    Rated 0 out of 5
    N$315.00

    Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug. Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan…

End of content

End of content