Kronkelpad
Irma JoubertN$350.00
1 in stock
Free shipping on orders over N$1000!
- Satisfaction Guaranteed
- Secure Payments
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Dit is die derde boek in die trilogie waarvan Anderkant Pontenilo en Pérsomi die eerste twee is. Lettie se vriendinne trou die een ná die ander, maar niemand sien haar raak nie. Sy voltooi haar mediese studies en gaan in 1947 terug na haar tuisdorp in die Bosveld en neem haar pa se praktyk oor. Nadat hy die konsentrasiekamp oorleef het, is Marco Romanelli ’n baie siek, verswakte man wanneer hy teen die einde van 1945 na sy ouerhuis in Noord-Italië terugkeer. Sy broer, Antonio, wat na Suid-Afrika terugkom om met Klara Fourie te trou, oorreed hom om na die warm, droë Bosveld te verhuis. So beland Marco in 1948 op dieselfde Bosvelddorpie as Lettie, wat sy dokter word. Die liefde blom tussen hulle, maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit – met tragiese gevolge. Die trilogie word op boeiende wyse afgesluit dáár waar dit begin het – in ’n Italiaanse dorpie hoog bo in die Alpe.
Book Author | Irma Joubert |
---|---|
EAN | 9780624053873 |
GTIN | 9780624053873 |